Marcelle Botha het Demo-Den kookkuns skool in 1990 begin. Na jare as skakelbeampte vir ‘n firma in Bloemfontein, bring sy haar liefde vir mense en haar belangstelling in kos bymekaar. Sedertdien word daar gereeld kosdemonstrasies aangebied in die spesiaal ingerigte kombuis by haar huis.

Sy slaag daarin om haar stokperdjie uit te brei tot ‘n voltydse bedryf en het reeds 35 volledige kursusse wat handel oor verskillende onderwerpe. Marcelle is ook een van Weber se handjievol, erkende instruktrises in die land. ‘n Verskeidenheid privaat demonstrasies word gereeld aangebied op spesiale versoek. Daar is oggend- en aandklasse wat meer mense die geleentheid bied om dit by te woon.

Sy glo dat almal kan kosmaak en haar entoesiasme motiveer mense om met pret, plesier en passie te ’kook’.


Klik op grafika vir gebruiksaanwysings.